Die neuterige smaak van Westfalia se guacamole is die ideale pasmaat vir heerlike eetgoed wat jy moeiteloos vir jou gaste kan berei. Dié guacamole, wat met 98% regte avokado en 2% vars kruie en speserye gemaak is, is boonop cholesterol-vry. Wees verseker dat die heilsaamheid dié van ryp, vars Hass-avokado's behoue bly omdat dit blitsvinnig gevries word.

Westfalia-guacamole (200 g) is beskikbaar in Original en Spicy (vir ekstra byt), en jy kan dit by enige plaaslike supermark kry.

Klik by www.westfalia.co.za vir meer.


Hier's heerlike resep-idees met jou Westfalia-guacamole

Spesery-hoender-tacos

4 porsies

  • 3 teelepels (45 ml) Westfalia-avokado-olie (chilli flavoured infusion)
  • 1 ui, gekap
  • 1 teelepel (5 ml) gedroogde rissie-vlokkies
  • 1 eetlepel (15 ml) gemaalde komyn
  • 2 teelepels (10 ml) gemaalde koljander
  • 4 hoenderborsies, gesny
  • 2 soetrissies, gekap sonder saadjies
  • 1 blik (410 g) gekapte tamatie
  • ½ teelepel (3 ml) suiker
  • 8 – 12 tacos
  • 1 houertjie (200 g) Westfalia Spicy Guacamole
  • voorgesit met ongegeurde jogurt en vars koljander

Plaas die avokado-olie, uie, rissie-vlokkies, komyn en koljander in 'n pan en braai tot sag. Voeg die hoender en soetrissie by en braai vir 1 minuut. Voeg nou die tamaties en suiker by en laat prut op 'n lae hitte tot gaar. Skep in die tacos en sit voor met guacamole, 'n skeut jogurt en vars koljander.

Gebakte aartappel met kaas
4 porsies

  • 4 groot bak-aartappels
  • 1 blik (410 g) soetmielies
  • 1 koppie (250 ml) gerasperde cheddarkaas
  • ¼ koppie (60 ml) gekapte pietersielie
  • 3 eetlepels (45 ml) Westfalia-avokado-olie (chilli flavoured infusion)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 houer (200 g) Westfalia Original Guacamole

Verhit oond tot 200 °C. Bak die aartappels vir sowat 30 – 40 minute of tot gaar. Sny die aartappels in die lengte, hol versigtig uit en hou die skil. Meng die uitgeskepte aartappel, soetmielies, gerasperde kaas, pietersielie en avokado-olie saam en voeg sout en peper by. Skep die mengsel terug in die skille en bak vir 20 minute of tot goudbruin. Sit voor met 'n skep Westfalia Original Guacamole.