Angelina Jolie (Yves Saint Laurent) en Ruth Wilson (Antonio Berard) het selfs die sexyste manne op sy laat staan in hul langbroekpakke. (Nes Madonna by die Grammys...)

Hulle het dit reggekry om dié styl met baie grasie aan te pak, en ons hoop om dalk by vanjaar se Oscar-toekennings nóg sulke mans-geïnspireerde style op die rooi tapyt te sien.

EE British Academy Film Awards 2014 - VIP Arrivals Angelina Jolie en Brad Pitt op die rooi tapyt (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

EE British Academy Film Awards 2014 - Red Carpet Arrivals Ruth Wilson in 'n silver pak (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Helen Mirren kry dit min verkeerd, en by vanjaar se BAFTAS het sy gestraal in 'n vlootblou rok met langmoue en kralewerk. En dit blyk asof modekenners al vir Lupita Nyong'o inwag wanneer sy op die rooi tapyt verskyn - net om te sien watter asemrowende ontwerp sy dié keer mee gaan opdaag. Dié jong aktrise het reeds aan die begin van die glans-seisoen groot name in die mode-bedryf met haar stylvolle keuses beïndruk.

EE British Academy Film Awards 2014 - Red Carpet Arrivals Lupita Nyong'o op die rooi tapyt (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

EE British Academy Film Awards 2014 - Red Carpet Arrivals Helen MIrren op die rooi tapyt (FOTO: Gallo Images/Getty Images)