Sjef Liam deel sy kennis van Franse kookvernuf tydens Bastille naweek met spesiale Chef's Table demonstrasie sessies. Hy gaan 'n 3-gang ete optower by sy demonstrasie toonbank terwyl gaste rustig 'n glasie Leopard's Leap wyn geniet en smul aan die disse soos hul voltooi is. Ingesluit in die prys van R250 per persoon is 'n 3-gang ete met 3 glase komplimenterende wyne van Leopard's Leap en die resepte van die dag. Liam Tomlin Food Culinary Studio bied kook en demonstrasie klasse aan. Die klasse is oop vir enige vlak van kook entoesiasme en vaardigheid en geskied in ‘n professionele omgewing met die beste gehalte toerusting en selfs tv-skerms waar jy Liam se kookvaardighede kan dophou.