Die Kos-en-Wyn markietstent, wat van 12nm tot 5nm oop is, is altyd die fokuspunt, wat besoekers na die middelpunt van die bedrywighede lok. Hierdie gewilde ontmoetingsplek bied aan besoekers die geleentheid om uitmundende wyne van Franschhoek se wen-landgoedere te proe en ook te smul aan die watertand geregte wat deur die vallei se hoogsaangeskrewe sjefs berei word. Proe ’n wye reeks kookkuns wat wissel van oesters, soesji, plaaslike- en Franse kase en vleis, tuisgemaakte sjokolades en salmforel van die gebied. Besoekers kan nie die fees se wye verskeidenheid sport-aktiwiteite misloop nie – wat ondermeer die gewone en tradisioneel-gewilde sporte soos boulles – die grootste en oudste boulle-kompetisie van sy soort; die Franschhoek Klopse-parade, sowel as die immergewilde vaatjierol-kompetisie insluit. Die plaasmark, kunsmarkstalletjies, musikante en kinder-aktiwiteite is ook weer vanjaar onder die fees se hoogtepunte. Vir diegene wat die Franse erfenis in gemak wil waardeer, sal die Screening Room by Le Quartier Français regdeur die naweek Franse films vertoon. Wêreldbekend vir sy uitmundende kookkuns, sal Franschhoek se wen-restaurante spesiale spyskaarte voorberei vir hierdie jaarlikse fees. Omskep hierdie sosiale hoogtepunt in ’n naweek van ontdekking. Bespreek verblyf by een van die dorp se luukse, ouwêreldse,tog bekostigbare B&B’s of gastehuise, en ontdek alles wat Franschhoek die besoeker bied. Dit sal jou ook genoeg tyd gun om rustig in die hoofstraat af te wandel, terwyl jou sintuie jou by wêreldklas winkels en boetieks laat verlei. Daar is nie ’n beter manier om die dorp rooi, wit en blou te verf en deel te wees van ‘Die Feesviering van Vryheid’ nie. Moet ook nie vergeet nie: dis die enigste keer in die jaar wat jy vergewe sal word, as jy ’n baret dra!