Bazoo, die vriendelike skilpad, staan gereed om mammas, pappas, oumas en oupas te help om die kleingoed besig te hou. Hy is die karaktertjie waarom dié nuwe kleutertydskrif draai.
Op ‘n speelse manier help hy om voorskoolse kleuters se vroeë geletterdheidsontwikkeling, waarneming, denkvaardighede, fyn motoriese beheer en koördinasie, rekenvaardighede en luistervaardighede te stimuleer. Die voorlees-hulpmiddel help besige ouers om kwaliteittyd saam met hul kleuters te geniet
Die tydskrif verskyn tweemaandeliks.
e-pos:admin@bazoo.co.za of faks 086 633 6912.

Hoezit! is die ATKV se tydskrif gemik op Afrikaanssprekende kinders tussen 9 en 12.
Die tydskrif het 5 afdelings:?- Vermaak: nuwe flieks, speletjies, boeke en bekendes?- My Wêreld: interessante feite oor die wêreld?- Ek Voel: emosionele kwessies?- Slimkop: gefokus op skoolsillabus?- Vet Pret: sudoku, woordsoeke en doen-dit-self-dinge.?Die tydskrif verskyn maandeliks.
e-pos hoezit@atkv.org.za of skakel 011 919 9112