Die Italiaanse modehuis Prada bekoor nie net met die klere wat hulle ontwerp nie, maar ook met hul bykomstighede. Veral hul nuwe Baroque-sonbril met sy opvallende krulle en draaie. Dié beperkte reeks, wat in 'n verskeidenheid kleure te kry is, is teen R2 750 by Luxottica beskikbaar. Vir meer inligting, kontak 021 486 6152.