Die restaurant se Vadersdagspyskaart met ’n braai-tema bied stadig geroosterde tamatiesop, kerrie-aartappelsamoesas, sappige lam- en beesburgers, fynproewers-boereworsrolletjies, geroosterde hoender, vanielje-roomys en tradisionele malvapoeding vir net R195 per kop. As jy ’n kas van 12 bottels Baronne koop, kry jy ’n Nederburg-mansvoorskoot ter waarde van R90 gratis sodat jy dit by die huis kan dra terwyl jy braai. The Red Table bedien van 12:00 tot 16:00. Besprekings is noodsaaklik. Skakel die restaurant ruim betyds by (021) 877-5155 of theredtable@nederburg.co.za hiervoor. Nederburg se Besoekersentrum sal op 16 Junie van 10:00 tot 16:00 vir wynproe en -verkope oop wees, en ’n keldertoer word om 11:00 aangebied. Skakel Sunette Rust van Nederburg by (021) 862-3104 of nedwines@distell.co.za om vir die keldertoer te bespreek.