Ons supermodelbrakke sit die kollig op SA ontwerpersmode, want om ’n behoeftige brakkie ’n huis te gee gaan nooit uit die mode nie ...

Annelie se Gina

Hond: Gina

Eienaar: Annelie de Wet

Aangeneem: 18 Julie 2014

Die verhaal: ’n Engel genaamd Teddy Sambu het Gina met behulp van Mdzananda Animal Clinic uit haglike omstandighede in Khayelitsha gered.

Ouderdom: Tussen 10 en 13

Hou van: Lekker kos en bene rek op die strand.

Verpes: Mense wat nie opreg is nie! Volgens Annelie kyk Gina sulke mense met skrefiesoë aan.

Streke: Gina hou haar lyf (jong) springbokkie op die strand, al het sy ’n ou siel.

Top (R4 200), Stefania Morland. Romp (R895), Adam & Eve, www.spree.co.za. Skoene (R399),Queue Shoes. Armband (R1 750), Kirsten Goss. Oorbelle (R3 690), Kirsten Goss. Lint (R7 per meter), In Good Company.

*’n Paar dae voordat SARIE drukkers toe is, is Gina ongelukkig oorlede. Haar eienaar, Annelie de Wet, was lief vir haar en het haar mooi versorg.

Gina

Odette se Cola

As Cola eers iets in haar bek beet het, kos dit slimstreke om haar te laat los

Eienaar: Odette Peiser

Hond: Cola

Eienaar: Odette Peiser

Aangeneem: November 2012

Die verhaal: Kaapstad se Lab Rescue het Cola van ’n teler gered wat haar in ’n piepklein betonbinnehof opgesluit gehou het

Ouderdom: Sowat 12

Hou van: Cola is mal oor die strand. Sy baljaar soos ’n babahondjie in die branders met met die seebamboes, wat sy uitmekaar ruk. Sy behandel elke staptog asof dit haar laaste is.

Streke: Sy steel graag ander honde se balle op die strand!

Kimono (R895), Ruff Tung van www.spree.co.za. Oorbelle (R400), Missibaba. Skoene (R399), Queue Shoes. Belt (R399), Desray. Halsband en leiband, Dog’s Life, www.spree.co.za.

_MG_6929 with etch

Sanette se Bow-Tie en Boeboe

Bow-Tie en Boe-Boe is my kinders. Hulle maak my lewe vol.

Eienaar: Sanette Meyer Meiring

Honde: Boe-Boe en Bow-Tie

Eienaar: Sanette Meyer Meiring

[Boe-Boe]

Ouderdom: Drie

Aangeneem: 23 September 2012

Boe-Boe was maande lank op straat. Toe sy eienaar in hegtenis geneem is, het ons hom in pleegsorg geneem. Ons het ons harte op hom verloor en hom amptelik deur The Lucky Lucy Foundation aangeneem.

Hou van: Slaap, ’n gepamperlang en sy speelgoed.

Verpes: Plastieksakke en winkeltrollies

Streke: As sy nonna met ’n sekere stem met hom praat, “praat” hy terug. Sy noem dit hulle spesiale skindertyd.

[Bow-Tie]

Ouderdom: Drie

Aanneming: The Lucky Lucy Foundation het Bow-Tie op 15 November 2011 uit haglike omstandighede gered waar hy erg mishandel is. Toe hy sy nonna die eerste keer ontmoet, het hy dadelik in haar arms gespring. Sy sê hy het haar gekies, nie andersom nie.

Hou van: Speeltyd met sy rooi tou en slaaptyd op sy nonna se skoot

Verpes: Katte en voëls

Streke: Hy kan agteruit loop. Dis sy gunsteling partytjietruuk.

Rok (R1 600), Desray. Skoene (R849.95), Mango. Oorbelle (R1 600), Kirsten Goss

_MG_7061

Kirsty se Bailey

Bailey hou daarvan om nes ’n baba op haar mens te slaap

Eienaar: Kirsty Marmarellis

Bailey

Eienaar: Kirsty Marmarellis

Ouderdom: Ses maande

Aanneming: Pet Pal in die Strand het Bailey en haar boetie in Junie 2014 gered. Hulle was haweloos langs die pad.

Hou van: Bailey is mal daaroor om enige ding onder die son te kou. Sy hou van lang staptogte in die park en geniet dit om met ander honde te speel en om af en toe ’n eekhoring agterna te sit.

Verpes: Harde geluide en aggressiewe honde. Sy’s ook nie mal oor voëls nie.

Streke: Bailey hou daarvan om nes ’n baba op haar mens te slaap. Dan maak sy die oulikste geluidjies.

Rok (R1 500), Thula Sindi, www.spree.co.za. Skoene (R399), Queue Shoes. Oorbelle (R1 650), Kirsten Goss.

_MG_7002

CC Sarie comp image

*Stilis Candice-Lee Kannemeyer | Fotograaf Johan Wilke | Model Bernice Grutzmacher Dodd van Outlaws | Hare Dale Titus van Infidels, met die gebruik van GHD | Grimering Melissa van Zyl van Supernova, met die gebruik van Dermalogica Skincare