Jodi Bieber, Suid-Afrikaansevryskutfotograaf, se omstrede foto van die erggeskende 18-jarige Afgaanse vrou Bibi Aisha was onlangs op die voorblad van dieAmerikaanse nuustydskrif TIME. Bibi is jonk getroud en gereeld geslaan. Toe probeer sy vlug, maar sulke vroue word deur die Taliban gestraf. Sy is na 'n tronk in Kandahar geneem, waar haarmanhaar gekry en haar ore
en neus afgesny het. Hy het haar halfdood in die berge van Oruzgan agtergelaat. Sy het haarself na haar pa se huis gesleep en dié het haar vir behandeling na 'nAmerikaanse
weermaghospitaal geneem.

"Tydens die New York-fotofees in Mei vanjaar het ek 'n lesing oor my nuwe boek, Soweto, gehou. Daarna het ek dié boek en foto's van my uitstalling Real Women (wat gewone vroue in onderklere uitbeeld) vir TIME gaan wys. Toe vra hulle my om portretstudies van vroue in Afganistan te gaan doen."

"Op 15 Julie om tienuur die oggend het ek Bibi ontmoet en deur 'n tolk vir haar gesê hoe pragtig sy is, en dat ek weet daar wag 'n visum vir haar om na Amerika te gaan waar sy plastiese snykunde sou ontvang. Dit was asof daar onmiddellik 'n "ligtheid" in die kamer was en ek dink dít wys in die foto. Mense sê hulle sien eers haar oë voor hulle haar geskende neus raaksien.
Daar is meer as 5 000 artikels op die internet oor dié foto. Dit maak nie saak wát mense daarvan dink nie, my werk as fotograaf is om reaksie uit te lok. En dít het ek gedoen. Ek neem sedert September 1993 foto's en het al 'n paar internasionale toekennings gekry. My hele lewe gaan dus nie skielik as gevolg van dié foto verander nie."

"Ek wil aanhou om, nes joernaliste dit met woorde doen, stories te vertel deur my foto's. Dis ook wat ek met Soweto (Jacana Media, R275) gedoen het. Ek het ander perspektiewe op die stereotipiese township-tonele gegee."

Lees ook: Afgaanse-meisie kry 'n nuwe neus