Sjefs en foodies se inspirasie kom van nature in en uit die kombuis. Maar het jy geweet dis dikwels ook die inspirasie vir die naam van hul geliefde troeteldiere?

Hierdie foodies en bekendes het almal hul troeteldier ’n naam gegee wat kosverwant is. En kyk net hoe kos(te)lik lyk hulle.

Barbara Joubert, SARIE KOS redakteur, sê: "My oudste dogter, Nina, se worshond word Basil genoem. Sy sê wanneer sy haar tweede hondjie kry, gaan sy dit Pesto noem. My dogter Anya se worshondjie word Knoffel genoem."

Basil FOTO: Verskaf Basil FOTO Verskaf

Knoffel Barbara Joubert Knoffel FOTO Verskaf Herman Lensing, SARIE kosredakteur, se twee honde heet Vanilla en Truffle. Vanilla, die labrador, het model gespeel in SARIE Karamel! Vanilla FOTO Verskaf Vanilla FOTO Verskaf

Truffle vra waarom hy nie mag roomys eet nie? #beaglelove @beagleworld

A photo posted by Herman Lensing (@lensingherman) on

Errieda du Toit, kosskrywer, noem haar die fluweelbruin Labrador wat geensins ’n afknoppie het as dit by eet kom nie Tjoklit.  Tjoklit FOTO Verskaf Tjoklit FOTO Verskaf Hulle het ook die hond Poerring. "Wat sy naam gekry het oor hy so so goudbruin soos sticky toffiepoeding was toe hy klein was. Met sy kwylery het hy nou die bynaam Souskluitjies." Poering FOTO Verskaf Poering FOTO Verskaf Sjef Bertus Basson het 3 honde, Patat, Snoek en Bone, en ’nvarkie, Spek. Hy het al geskerts as sy diere almal kosname het, wonder hy wat hy eendag sy kinders gaan noem.  FOTO Verskaf FOTO Verskaf

Ander bekendes en hul diere:

Adam Sandler se bulhond Meatball was selfs sy strooijonker by sy troue in 2003. Meatball is intussen oorlede en meer as 100 mense het sy begrafnis bygewoon.

Fergie en Josh Duhamel se worshond word Meatloaf genoem. 

 
Kelly Osbourne se blonde pommer heet Polly, maar sy het voorheen ’n swartetjie gehad met die naam Noodles.
#Polly is quite the jet setter. so excited to finally be in #NYC for the summer @projectrunwayjunior here we come!!!! A photo posted by Kelly Osbourne (@kellyosbourne) on

Hugh Jackman se Mocha, ’n Franse bulhond, is genoem na die gewilde koffie.

FOTO: Instagram FOTO Instagram

Lees nou

FOTO’S: Nadia Beukes se bruidstee

Riller: Kolle op Michael Phelps se lyf