Hierdie boom in die hoek van ons leefvertrek is my gunsteling hoekie. Dit het 'n meerdoelige funksie. Nie net dien dit as ons Kersfeesboom nie, maar nou deur die jaar hang ek ons gunsteling familie fotos aan die boom vir versiering. Die boom se takke is van die bos Verbleikbos (Yesterday, Today, Tommorow) afkomstig, en toe ek dit by ons Kerkbasaar se vroue uitstalling sien, toe weet ek, die takke moet ek in my huis inbring. Nooit sal die boom dieselfde lyk nie, want soos ons kinders groter word, partytjies hou, familie uitstappies, ensovoorts kan ek die boom heeljaar aanvul met nuwe fotos.

Dankie vir die geleentheid om my gunsteling hoekie met julle te deel!

Sien ander hoekies/vertrekke