WAT IS JOU VELBEHOEFTE?

1.Wil jy skade en veroudering, veral om die oë, teenwerk?

Clinique Super Rescue-antioksidant-nagroom herstel skade wat vry radikale deur die loop van die dag aangerig het.

2. Is jou hoë stresvlak besig om jou vel ouer te laat lyk?

Stres rig dieselfde soort velskade aan as sonbestraling en besoedeling. Nuwe Superdefense versterk jou vel se immuniteit en help om sigbare lyntjies en oneweredige veltoon uit te stryk.

3. Wil jy langer jonger lyk?

Clinique Youth Surge Night Age Decelerating Night Moisturizer is 'n 'mengeldrankie' van kragtige antioksidante wat die effek van omgewingsfaktore op jou vel teenwerk en so sorg dat jou vel vir langer 'n jeugdiger voorkoms het. Die inspirasie vir dié produk was Maxine, 'n 'Slider'-waterskilpad wat amper 'n volle 60 jaar oud is, maar nie dag ouer as 30 lyk nie!

Clinique Youth Surge

4. Soek jy 'n produk wat vel fermer laat lyk terwyl jy in droomland is?

Clinique Repairwear Lift Firming Night Cream doen al die harde werk deur kollageenproduksie te verhoog terwyl jou vel rus en rustig herstel. Dis nét wat jou gesig en nek nodig het! En vir die dag is Repairwear Lift SPF 15 Firming Day Cream jou antwoord. Jy sal in 2 tot 4 weke reeds 'n merkbare verskil sien.

Clinique Repairwear

5. Hoe klink 'n 'slim' vogroom wat by verskillende weersomstandighede aanpas?

Clinique Moisture Surge Extended Thirst Relief is so geformuleer dat dit jou vel help aanpas by koud of warm, droog of nat, binnenshuis of buite en só vogbeheer toepas.

Clinique Moisture Surge

Besoek ook www.clinique.co.za vir meer.