“Met gebraaide skaapvleis en malvapoeding kan jy my in ’n wip vang. Ek sukkel dan maar om matigheid voor oë te hou. ’n Glasie rooiwyn is ook nie te versmaai nie."

"Hoewel ek nog nooit ’n gewigsprobleem gehad het nie, kan ek beslis meer aktief wees. Ek speel ’n bietjie tennis en gholf. Swem so twee tot drie keer per week. En gooi graag bal saam met die kinders. Jean-Luc (17), Lara (15), Carly (12) en Riis (10) neem deel aan allerlei sportsoorte soos rugby, hokkie, swem, tweekamp en moderne dans.

Ek het nog nooit ’n gesondheidsprobleem gehad wat as ’n wake-up call beskou kan word nie. Maar ’n mens moet proaktief wees en jouself oppas om jou lewensgehalte te verseker. Dis beslis moeiliker om fiks te bly soos wat jy ouer word. Die uitdaging is om ’n leefstyl-keuse te maak sodat
jy stelselmatig beter gewoontes aanleer om gesonder/fikser te wees.

’n Boep is nié onafwendbaar nie. Dit gaan heel waarskynlik met gemaksug gepaard – en later is dit
moeilik om jou slegte gewoontes te verander.

Maak ’n leefstyl-aanpassing. Jy sal dan meer energie hê om sosiale dinge (soos braaivleis!) te kan geniet.”

Lees hoe jou man sy braaivleisleefstyl kan geniet – en steeds gesond bly – in SARIE van November 2011.

Volg SARIE op Twitter en Facebook