“Ek het in November 2009 besluit ek gaan gewig verloor. ’n Groot stap, want dit was net voor die Desembervakansie."

Ek het by ’n gewigsverlies-kliniek, Eden Life*, aangesluit. Daar is ek aangemoedig om een dag op ’n slag te takel. Ek het 18 kg verloor en dra nou ’n nr. 34.

Ek was altyd ’n emosionele eter. Daar is min dinge wat jou so vinnig en lekker troos soos kos. Jy kan net beheer daaroor neem as jy weet wat die snellers is. En doelbewus besluit om dit op alle vlakke te beveg. My dieet laat my toe om een keer ’n week so ’n bietjie uit te haak. Ek beloon myself byvoorbeeld op Sondae met dinge wat ek nie andersins eet nie.

Ek was nog nooit lief vir oefening nie, maar as jy respek vir jou lyf het, raak dit byna soos ’n dwelm. Ek oefen gemiddeld vier keer ’n week op my trapmeul. Ek gaan nou nie die Comrades wen nie, maar dit hou my fiks.

As jy sukkel met jou gewig: Moenie uitstel nie. Jou lus vir die lewe word meer met elke kilogram en sentimeter wat jy verloor. Jy leer werklik om van jouself te hou, en dié positiewe uitkyk trek inderdaad meer mense na jou toe aan.”

Skakel 011 884 4973 of besoek www.edenlifeclinic.com

Kyk uit vir ons artikel oor emosioneel eet in jou volgende SARIE (Oktober 2011).

Volg SARIE op Twitter en Facebook