Die rooitapyt-seisoen is hier en dit beteken die inspirerende aandrokke (asook dié wat nie so mooi is nie!) is volop. Onlangs het Beyoncé ’n deursigtige rok gedra en ons wil hoor: dink jy sy wys ’n bietjie te veel?

Deursigtige rokke was verlede jaar groot - en dit lyk of dié trend vanjaar steeds in die mode gaan wees. Maar sommige celebs se deursigtige rokke is baie gewaagd - soos Jaimie Alexander s'n verlede jaar (klik hier vir ’n foto).

Maar nou wil ons weet wat jý dink van Beyoncé se deursigtige rok - is dit ’n treffer of ’n flop?

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Kyk deur ons foto-galerye vir aandrokke van die Golden Globes. Klik hier!