Ek en my man is nou ‘n jaar en ‘n half getroud. Soos alle jong paartjies het ons ook maar klein begin, en stukkie vir stukkie aan ons huis begin werk.

Toe ons die dag gery het om verf te koop het ons rooi, ryk kleure in gedagte gehad. Ons het terug gekom huis toe met ‘n baie ligte mint groen verf, dit was die begin van ons kamer. Ons het ons tyd gevat om die kamer aan mekaar te sit. Die woorde en hartjies teen die muur het ek self gemaak, en dit is spesiaal vir ons aangesien dit die woorde was wat ons oral by ons troue gebruik het. Ons het tot die bed se kopstuk self gemaak uit ‘n ou kas deur.

Ek geniet die koel rustige atmosfeer van die kamer. Ek is mal oor die bedlampies, en al die verskillende texture in die kamer. Van die sy kussings, tot die geroesde draad hartjies teen die mure. Die vertrek sal altyd spesiaal bly vir ons, omdat dit die eerste kamer was wat klaar was in ons eerste huis.

Sien ander hoekies/vertrekke