Die New Yorkse modeweek (NYFW) eindig vandag en daar was weer baie bekendes wat by dié glansryke geleentheid. 

Blake Lively

Dié aktrise was in die voorste ry by Michael Kors se tentoonstelling van sy Herfs-versameling van 2014.

Blake het die kleur van die seisoen gedra, donkerblou. SARIE se styl- en sosiale redakteur Fanie Cronjé voorspel ook dat ons baie donkerblou rokke by vanjaar se Oscars gaan sien.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hou jy van Blake se voorkoms? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Die Beckhams

Die Beckham-gesin het vir Victoria gaan ondersteun. Pa David het ’n selfie van hom en sy kinders geneem - kyk hoe oulik!

FOTO Instagram @missalamodeuk FOTO Instagram @missalamodeuk

Gwyneth Paltrow

Gwyneth was onder andere by Hugo Boss se bekendstelling van hulle nuwe reeks.

FOTO: Instagram @gwynethpaltrow FOTO: Instagram @gwynethpaltrow

Hugh Jackman

Hugh en sy vrou, Deborra-Lee, was by die DKNY-vertoning. Vanjaar is DKNY 30 jaar oud!

FOTO: Instagram @thehughjackman FOTO: Instagram @thehughjackman

Kyk HIER na nóg bekendes wat by dié modeweek was.