Dié maand spog plaaslike ontwerpers met prag-juweelstukke by die Kaapse dekor- en klerewinkel The Fringe on Kloof. The Fringe Arts is 'n sambreelorganisasie wat op die oomblik met byna 'n honderd plaaslike kunstenaars en ontwerpers skeppende projekte reël.
Marietjie Beeselaar van Skermunkil en Marli Lyon

Tussen nou en Saterdag die 25ste Mei vertoon 'n verskeidenheid ontwerpers items wat spesiaal vir die geleentheid geskep is. Dit sluit keramiekkunstenaars Noleen Read en Sarah Benjamin in, asook juweliersontwerpers Smith Juweliersware en Geliefd (kralewerk), sowel as die ontwerpers Jesse Breytenbach en Stof Nasie. Kuns deur Daya Heller, Elsabe Milandri, Candice Breitz, Sam Nhlengethwa, Cameron Platter en Georgina Gratrix sal ook te sien wees.
Metaxia Sterianos van Metaxia en Rebecca JonesEon Hoon Jewellery Design en Black Heart Gang Pryse wissel van R350 tot R1 670, en die winkel is by Kloofstraat 99B, Kaapstad. Kontak Chantal Louw: 072 252 9709 of chantal@thefringearts.co.za vir inligting.