Kors:

  • 200 g Skotse brosbroodkoekies
  • 55 g (50 ml) botter, gesmelt

Plaas koekies in ’n voedselverwerker en kap fyn. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Spuit ’n 24 cm-losboompan met kleefwerende kossproei. Gooi koekiemengsel in pan en druk goed vas op bodem. Maak nou vulsel.

  • 3 x 250 g-houers laevet-roomkaas
  • 250 g mascarpone-kaas
  • 25 g (45 ml) koekmeel
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 g (125 ml) suiker

Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele saam in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng goed saam tot die suiker opgelos is. Skep in koekpan en plaas in oond. Bak 25 minute. Dit lyk dalk nog rou, maar dis reg so. Haal uit oond en laat effe afkoel. Verhoog oond se temperatuur tot 220 °C. Maak nou die suurroombolaag.

  • 250 g crème fraîche
  • 35 g (45 ml) suiker
  • 1 ml vanieljegeursel

Plaas al die bestanddele saam in ’n mengbak. Klits goed saam tot suiker opgelos is. Smeer op kaaskoek en plaas vir 5 – 8 minute terug in oond met verhoogde temperatuur. Haal uit en laat afkoel. Plaas in yskas tot heeltemal koud. Versier met vars kersies en if ’n klein bietjie versiersuiker oor.