Trek jou kalender nader! Die immergewilde jaarlikse Bloemskou vind vanjaar vir die 130ste keer vanaf 25 April – 4 Mei in Bloemfontein plaas. Na ‘n besonder suksesvolle Bloemskou 2012, sien ons daarna uit om besoekers weer met ‘n wye verskeidenheid uitstallers, kunstenaars en landbou-aktiwiteite te bederf. Meer as 100 000 mense besoek jaarliks die tiendae-lange skou. Bloemskou lok besoekers van regoor die land, sowel as ‘n gemiddeld van 450 plaaslike, nasionale en internasionale uitstallers – ‘n wonderlike ekonomiese inspuiting vir ons streek. Besprekings van uitstalruimtes het reeds ge-open en belangstellendes kan so spoedig moontlik met die skoukantoor in verbinding tree om plek te bespreek vir die 2013 Bloemskou. ‘n Propvol vermaak program word beplan vir die 2013 Bloemskou. Die Pick n Pay verhoog waar die hoof vermaak aangebied word is verskuif om plek te maak vir ‘n groter verhoog en sal sowat 2000 mense te kan akkommodeer. Die grootste kunstenaars wat besoekers tydens die 2013 skou gaan vermaak sluit in Kurt Darren en sy dansers, Bobby van Jaarsveld, Dr Victor en die Rasta Rebels, Steve Hofmeyer, Juanita du Plessis en Karlien van Jaarsveld. WWP rofstoei is terug by Bloemskou en word op Saterdag 27 April 2013 aangebied en Vrydag 3 Mei 2013 is dit weer tyd vir die opwindende ovaalbaan wedrenne. Die kinders kan weer uitsien na ‘n optrede deur die baie gewilde Lollos op Sondag 28 April 2013. Die Bloemskou sluit op Saterdag 4 Mei 2013 af met optredes deur gewilde Zahara en Sipho Hot stix Mabuse. Besoekers kan ook na ‘n besige landbouprogram uitsien, met verskeie nasionale-, provinsiale en streeks kampioenskappe wat oor die tydperk beslis gaan word. Nasionale kampioenskappe van die Saalperde, Friesperde, Landskape en Dexter beesras, asook die nasionale Skaapskeer kampioenskap en wêreld bok-skou, vind tydens die 2013 Bloemskou plaas. Die Nasionale Jack Russel honede-skou sal ook weer tydens Bloemskou plaasvind. Die MTN 4x4 demonstrasie baan is verder vergroot en maak plek vir ‘n groter wipplank wat 15m lank is! Daaglikse demonstrasies sal weer aangebied word en daar sal ook saamry geleenthede gebied word aan besoekers. Bloemskou bied ook aan besoekers die De Stallen “Touch farm” met ‘n groot verskeidenheid plaasdiere wat gesien en gevoer kan word. Indien jy verdere inligting benodig oor enige aspek van die skou, skakel asseblief die Bloemskou-kantore by 051 – 448 9894 of besoek ons webwerf by www.bloemskou.co.za. Moet dit nie misloop nie! Bloemskou 2013 sal jou en jou gesin vermaak en ure se plesier verseker. Dis jou toegang tot pret!