Dié reeks het 'n nostalgiese, romantiese gevoel met motiewe soos rose, skoenlappers en madeliefies.

Swarovski-kristalle in kleure soos kobaltblou, turkoois, blougroen, fuchsia, ametisblou en seegroen gee aan die juwele 'n glansryke voorkoms, sodat jy dit na enige geleentheid kan dra. Halssnoere kos van R159, oorbelle van R99 en armbande van R299. Die reeks is beskikbaar vanaf 1 September 2009. Vir meer inligting: 021 854 9616 of www.miglio.co.za.