Die resep kan warm of koud bedien word. Ons oesters hier aan die weskus word deur kenners beskryf as van die beste in die wereld. Daar is niks beter as 'n vars oopgemaakte oester met suurlemoen en bietjie peper nie..MAAR in 'n tuisgemaakte pasta of in die blomkool roomsop is dit iets erg besonder.

40 g botter

2 uie, baie fyn gekap

1 groot blomkool....of kleineres wanneer skoongemaak en gesny ongeveer 1,5kg weeg. ( die blomkool moet fyngebreek word en die dik stamme weggegooi word).

'n Lourierblaar of....selfs twee

500ml suurroom en 300ml vars melk...of indien jy sou verkies net 800ml melk ( ek hou van die suurroom tekstuur daarby).

12 vars oesters...uit die skulpe maar behou die vloeistof (soppies)

Klein vetkoekies om saam te eet.

Pietersieleroom

2 koppies styfgepakte pietersielie (plat blaar Italiaanse pietersielie met die meer delikate smaak)

250ml creme fraiche...of 300 ml room

So maak jy:

Smelt botter in 'n dik boom pan en braai uie teen 'n lae hitte vir 6 tot 8 minute tot sag.NIE BRUIN NIE.

Voeg dan die blomkool 'blommetjies' en lourier blare by en braai vir 'n verdere 25 minute tot die blomkool heel sag is. Verwyder die louerierblaar en wanneer afgekoel verwerk deur voedelverwerker tot glad. Jy kan dit deur 'n fyn sif gooi indien jy wil...ek hou van die bietjie tekstuur daarin.

Vir die pietersiele.Plaas in 'n bak wat hitte bestand is en bedek met kookwater vir 1 minuut.Dreineer en verfris die pietersielie blare weer met yswater. Dreineer weer en druk oortollige water uit.

Plaas creme fraice of as jy verkies room in 'n dikboompan oor 'n lae hitte en roer vir so 6 tot 8 minute tot dit verminder na ongeveer 200ml. Neem 2 eetlepels van die warm room en die pietersielie en verwerk in 'n voedselverwerker tot glad. Voeg res van room by en verwerk tot glad. Gooi deur 'n sif. Voeg sout (Maldon asb) en peper ( WIT) by na smaak en verkoel in yskas tot jy dit nodig het.

Sif die vloeistof...sappies van die oesters in die blomkoolsop . Sout en peper na smaak. Roer oor 'n lae hitte tot goed deur warm.

Skep in jou lou warm bakkies ( selfs al is die sop kamer temperatuur...maak die bakies ietwat warm). Skep 'n lekker opgehoopte lepel pietersiele room in...en laastens die oesters. Saam met 'n vetkoekie is dit iets heel besonders vir 'n voorgereg of selfs vir 'n hoofgereg...maar dan mag jy nie suining met die oesters wees nie!

Sien ander resepte