As jy vanjaar wil gaan blomme kyk, moet jy sommer nou al bespreek.

Van 17 tot 19 September 2010 is dit die Spring Fever-naweek by die De Hoop-natuurreservaat, 'n asemrowende 36 000-hektaar Wêrelderfenisgebied van blommeprag. Die De Hoop Collection-akkommodasiegeriewe is binne die reservaat geleë en die perfekte wegkomplek. Bespreek nou: Tel. 0861 33 4667 of stuur 'n e-pos na res@dehoopcollection.co.za.

Nog reis-idees vir blommetyd:

1 Aug-30 Sep Die Succulent Show op Vanrhynsdorp Tel: 027-219 1062

1 Aug-30 Sep Postberg-reservaat maak oop. Tel: 022-772 2144

29-31 Julie Lutzville se Landbou- en blommeskou Tel: 027-217 1314

26 Aug-29 Aug Hopefield se fynbosskou Tel: 022-723 1720

26 Aug-1 Sep Clanwilliam se blommeskou Tel: 027-482 2024

5-7 Aug Piketberg landbou- en blommeskou Tel: 083 560 5631

11 Sept Langebaan Feathers, Flowers & Fossil Weekend Tel: 084 366 2461

16-19 Sept Darling Duckitt Nurseries Orchid Show Tel: 022-492 2606

17-19 Sept Darling Wildflower Show Tel: 022-492 3361

14-22 Sept Hello Darling-fees Tel: 022-492 2831