Kyk wat raak André le Roux kwyt in sy nuwe boek, Kan ek maar aan jou selluliet vat? (Tafelberg, R185).

Die boek gaan oor hoe die verhouding tussen mans en vroue werk, met deeglike navorsing. Die subtitel is: Hoe mans se koppe werk (indien wel). Hy weerlê 48 mites wat algemeen geglo word oor hoekom mans soos mans is en vrouens soos vrouens!

Natuurlik op sy eie minlike manier en eiesoortige humor.

"Wie't gesê verhoudings is maklik? Op hul maklikste is dit moeilik . . .

Intieme verhoudings nog moeiliker. En makliker.

En swaarder. En ligter. En lekkerder. En wat nog?

" 'n Vrou se limbiese stelsel is ietwat groter as 'n man s'n en boonop

beter ontwikkel. En omdat dit beter ontwikkel is, verstaan jy hom

beter as hy vir jou."

Natuurlik bestaan die ideale man, én die ideale vrou. Dis die een op wie jy verlief raak! Later is dit die een met wie jy trou al is dit dalk nie dieselfde een op wie jy die eerste keer verlief geraak het nie.

‘Die liefde is vol chemie en onkeerbare hormone, nie logika nie.'

"Die liefde is 'n obsessie,

diagnoseerbaar."

Love bites

Liefde is die een ding waarna almal smag en daar is ‘n magdom boeke oor dié onderwerp.In Pam Rhodes se boekie Love Bites (Lion Hudson Plc, R89,95) kry jy ‘n klomp aanhalings van bekende en minder bekende mense oor die liefde wat jou opnuut sal inspireer. Lees wat sê Paul Tillich:

"Die eerste taak van liefde is om te luister."

STERBOEK

Simon&aposs CatSimon's Cat Simon Tofield (Canongate, R170)

Tofield is 'n animasie-kunstenaar wat animasiefilms oor Simon's Cat vir YouTube gemaak het. Dit was ongelooflik gewild en hy het selfs die Best Comedy-prys van die British Animation Awards in 2008 gewen. Hy het besluit om die films op te volg met 'n boek. Hierdie boek is in meer as 20 lande gepubliseer en meer as 'n halfmiljoen eksemplare is verkoop.

Ongelooflik as 'n mens dink Tofield het sy eie katte as inspirasie gebruik vir die films en tekenprentboek. Al is jy nie 'n katliefhebber nie, sal die prentjies jou amuseer. "Simon's cat" vang allerhande kattekwaad aan, wat natuurlik sy eienaar lekker kan ontstel. Dis 'n heerlike, ligte boek wat jou ure lank besig sal hou. 'n Tweede boek, Beyond the Fence, Simon&aposs Catis op pSimon&aposs Catad. - Phyllis GreenSimon&aposs Cat

RESENSIES

Agter die elande aanAgter die elande aan, Willem D. Kotzé (Protea Boekhuis, R130)

Kotzé skryf reeds sedert 1992 oor die Kalahari en sy inwoners. Dis sy twaalfde boek en die vyfde in die gewilde T'sats-reeks. Hy vertel van Tkô!lie, seun van T'sats, se soektog na ‘n eland in die dorre, uitgestrekte Kalahari.Tkô!lie moet die bok met sy gifpyl skiet voordat hy vir Ta!mi as vrou kan vat. Die uitmergelende droogte wat maak dat die elande wegtrek en familiegroepe uitmekaar moet gaan om te kan oorleef help nie om sy taak te vergemaklik nie. Hoe sal die verskillende rondtrekkende groepe en geliefdes mekaar ooit weer vind in hierdie uitgestrekte en ongenaakbare landskap?Die verhaal gee ons 'n intieme kykie in die leefwyse en gewoontes van dié groepie Boesmans en hoe dit moontlik is om in die dorheid te oorleef. Kotzé is langs die Nossobrivier in Namibië gebore en woon steeds in die omgewing. - Gert Venter

Die Benederyk Die benederyk, Ingrid Winterbach (Human & Rousseau, R195)

" Geduld en volharding, die res is ydelheid," is 'n wysheid wat Aaron Adendorff tog leer uit die kassette van sy lastige buurvrou, ten spyte van sy weersin in haar en haar pogings om vriende te maak met hom, vasgekeer in sy afgesonderde bestaan ná die dood van Naomi. Sy eensame lewe is so anders as Bubbles s'n. Met haar vreemde uitrustings en pistool altyd by, slaag sy tog daarin om hom uit sy dop te kry. Sy's die sonskynkarakter teenoor die broers Aaron en Stefaans, met hul somber verlede en swaarmoedige, analitiese hede.Aaron dink dat hy met oogskille skilder. Met 'n yskoue hart en een van sy drie niere geskend, skilder hy een groot oog met sy donker palet. Die skille val mettertyd af, wanneer hy via die praatsieke Stefaans sy familiegeskied enis en só ook homself herontdek. Hy en Stefaans keer albei uit die benederyk terug, elk na sy unieke stryd.- Mariette Postma

Noudat slapende honde Noudat slapende honde, Ronelda S Kamfer (Kwela, R155)

Kamfer se vrye verse is hoogs toeganklik - al hanteer sy gewigtige temas soos politiek, dwelmmisbruik, kinders wat verdwyn, armoede en depressie. 'n Mens lees met opgehoue asem oor die ervaringe van karakters soos die hardwerkende "ou Klonkies" wat 'n skaap gesteel het sodat hy "nie nog 'n kaalgat Krismis" hoef te hê nie. Die leser het opregte empatie, juis omdat die spreker se weerloosheid oral deurskyn. Tog is humor nooit ver nie: Daar is sommige mense wat "famous" moet wees "omdat hulle weirdness totally unrehearsed is". En 'n gewese kêrel "wat gedink het Shakes Spear is 'n local sokkerspeler". In die eerste gedig sê die spreker "êrens diep binne my weet ek waar ek staan". Hopelik weet dié Eugène Maraispryswenner dit ook wat betref haar stewige plek in Afrikaans se vers-erfenis.- Riette Rust

A Fair Maiden A Fair Maiden, Joyce Carol Oates (Quercus, R194,95)

'n Straatslim jong meisie, Katya Spivak, pas twee kleuters op om geld te verdien in 'n spogbuurt in New Jersey wanneer die skatryk Mark Kidder haar raaksien. Soos die ou koning in die storie het hy 'n plan met die mooi jong meisie. Jy lees met groeiende onrus aan die verhaal, wat tegelyk herinner aan Aspoestertjie en Lolita van Nabokov. Die onthutsende, ongewone verhaal van verwarrende liefde tussen 'n man aan die einde van sy lewe en 'n jong meisie aan die begin van volwassenheid, asook hul wedersydse verraad teenoor mekaar, is boeiend en sprekend van die skrywer se bekroonde werk as een van Amerika se gewildste romanskrywers.- Mariette Postma

Black Rock Black Rock, Amanda Smyth (Serpent's Tail, R189,95)

"I believe you follow your life, Celia. You don't lead your life. It's a mistake people make. We are not that powerful or important." Die Suid-Karibiese eiland Tobago blyk 'n pragtige, herbergsame tuiste te wees, maar Celia sien die dorpie Black Rock as 'n tronk. Kort ná haar sestiende verjaardag oorskry Celia se stiefpa elke moontlike grens tussen pa en dogter en sy besluit om na Trinidad te vlug. Die boeiende verhaal wat volg, is hartverskeurend en uiters universeel. Vroeg in die roman kom tekens van onheil, pyn en die bonatuurlike al na vore en besef jy dit gaan nie 'n ligte leeservaring wees nie. Amanda Smyth se eerste roman bly 'n mens by, van die eerste bladsy tot lank ná die skokkende slot. - Amalia Uys