Gaan maak ‘n draai by die Boeksentrum se boekhoek in die Theatre Well. Dis gratis, vry en verniet!

Vrydag 29 Januarie
50 Stemme 18:00 - 19:00
Paneelbespreking rondom die stand van Afrikaanse musiek aan die hand van 50 Stemme deur Ilza Roggeband.

Saterdag 30 Januarie
Katvoet 12:00 - 13:00
Kom luister na 'n bespreking van Katvoet, Riana Scheepers se eerste kortverhaalbundel in 10 jaar, en laat die skrywer jou eksemplaar teken. Die bundel is 'n sjarmante, onthutsende kombinasie van die sensuele en die gevaarlike, die aardse en die mistieke.
Moenie dat die grootmense hoor nie Moenie dat die grootmense hoor nie 15:30 - 16:30
‘n Ou wat vuil speel, ‘n meisie wat met ‘n trein stry kry, ‘n ou vir wie jy moet help besluit, stories agter foto's, ‘n getekende hart-misdaad.
Dis met die karakters en verhale waarmee jy in aanraking kom in Moenie dat die grootmense hoor nie.
Francois Bloemhof gesels met Rudi Venter oor dié nuwe jeugbundel, die ander genres waarmee hy doenig is, en wat hy die meeste geniet.
Brandkuiken Brandkuiken 19:00 - 20:00
Dehon Joubert lewer ‘n gedramatiseerde voorlesing uit die debuutbundel Brandkuiken deur Brand Blixum.
Na donker aand van smeek
vir iemand om lief te hê,
weerkaats God
Sy ongeskeerde antwoord
in my badkamerspiëel.
Die verhaal van Elandskloof
Sondag 31 Januarie

Die Verhaal van Elandskloof 11:45 - 12:45
Heindrich Wyngaard gesels met Tobie Wiese oor Wiese se boek, Die Verhaal van Elandskloof.

Prinsloo versus Prinsloo Versus 14h00 - 15h00
Adriaan Meyer praat oor sy debuutdrama Prinsloo Versus wat suksesvolle opvoerings geniet het.