“Een van my lekkerste Kersherinneringe is van twee jaar gelede toe ek Kersvader tydens ons familie-vakansie in Mosambiek was. My suster, Andrea, se twee kinders, Luhan (toe 3) en Livia (1), het my glad nie in my rooi pak herken nie. Ek het met ’n bry gepraat en vertel ek is laat omdat my Pajero vasgesit het. En ek het my meisie, Hanna Grobler, op my skoot laat sit en ’n bietjie by haar flikkers gegooi’ – Bok van Blerk, sanger