’n Swembroekreeks in Bollywood-glansstyl sorg vir ’n verskeidenheid sexy swemdrag. Vir die vrou wat graag haar kurwes in die somerson bak, is daar bikini's. En vir dié wat 'n vollyf-swembroek verkies, is daar volop style te kies en te keur. Die Beach Bunny-swemreeks sluit ook kaftans in, gemaak uit pragtige lap in 'n lewendige Indiese kleurpalet. Vir meer inligting, besoek www.spoiltinc.com