Verbeel jou wêreldklas wyne, goeie kos en ‘n gesellige atmosfeer tydens ‘n luilekker Sondagmiddagete wanneer vreemdes vriende raak in die hartlike geselskap van Beyerskloof, Kaapzicht , Goede Hoop en Mooiplaas. Die beste Pinotages, Rosé wyne en Kaapse rooiwynversnitte afkomstig vanaf dié prominente kelders sal geproe, gepaar en geniet word tydens ‘n viergang middagete deur sjef Frank Menezes. Die Red Leaf se gewilde Pinotage burgers sal vir ‘n slag opsy skuif vir ‘n meer elegante eet-ervaring op die restaurant se buitedek waar lang tafels, geraam met ‘n indrukwekkende uitsig oor die wynlande die perfekte stemming skep vir ‘n ontspanne middag. Die Bottelary Hills Wynmaker Middagete by Beyerskloof begin 12h00 en kos R250 per persoon wat die wynproe, asook ‘n viergang ete met ‘n glas wyn vir elke gang insluit. Voorafbesprekings is noodsaaklik siende sitplek beperk is tot slegs 50 persone. Om jou plek te bespreek skakel Tamzin Isaacs by Tel: (021) 886 8275 of stuur ‘n epos na marketing@wineroute.co.za. Beyerskloof Estate is geleë op die R304 net buite Stellenbosch.