genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 30 ml heel komynsaad

• 20 ml koljander

• 100 g All Gold Tomato Paste

• 400 ml-blik klappermelk

• 405 g-pakkie All Gold Tomato & Garlic Pasta Sauce • 24 ontbeende hoenderdye • sout en varsgemaalde swartpeper • 410 g-blik botterbone, gedreineer Verhit die oond tot 220 °C. Verhit die olyfolie in ’n oondvaste middelslagpot tot warm. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai 2 minute. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte. Roerbraai 5 minute. Voeg die tamatiepasta by en braai nog 1 minuut. Voeg klappermelk en pastasous by. Bring weer tot kookpunt en plaas hoender in die sous. Geur goed met sout en peper en plaas oop in oond. Bak 30 – 35 minute of tot gaar. Roer botterbone deur en sit voor.

All Gold is een van die borge van 30 Dae van Kos en Dekor. Die hoogtepunt vind 4 - 6 Maart by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas. Kom kuier saam! 

Lees nou: