Die glanspaar Brad Pitt en Angelina Jolie, en moontlik ook hul kinders, gaan vanjaar in Johannesburg woon, berig Beeld.

Die paartjie dok blykbaar sowat R85 000 per maand vir ’n huurhuis in Sandhurst, Johannesburg op. Dié kontrak is glo vir 8 maande.

Brad Pitt gaan glo in en om Johannesburg ’n rolprent skiet. Nóg ’n Hollywood-swaargewig George Clooney gaan ook in dié fliek speel. Dis nog nie bekend of George ook vir so lank in Suid-Afrika gaan bly nie.

Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Beeld het met Ronald Ennik, uitvoerende hoof van Ennik Estates gepraat. Hy raai dat die huis waarskynlik splinternuut is, meer as R20?miljoen werd is, en in ’n kompleks met baie goeie sekuriteit is.

Die paartjie, wat blykbaar besig is om hul troue te beplan, het 6 kinders - Maddox (12), Pax (10), Zahara (9), Shiloh (7) en die vyfjarige tweeling Knox en Vivienne.

Lees meer oor dié paartjie se SA verblyf in vandag se Beeld.

WAT DINK JY? GAAN JOHANNESBURGERS DIE KANS KRY OM VIR BRAD EN ANGIE IN ’N WINKELSENTRUM TE SIEN?

Brad, Angelina en hul kroos FOTO: Gallo Images / Getty Images Brad, Angelina en hul kroos FOTO: Gallo Images / Getty Images