As jy sowat 10km 'n week stap, is dit nie net goed vir jou hart nie, maar ook vir jou brein. Dit voorkom dat jou brein krimp en keer moontlik ook demensie soos die jare aanstap, volgens Amerikaanse navorsing wat in die joernaal Neurology gepubliseer is.