Onder die bros kors van broodkrummels skuil sagte mozzarella-kaas wat wegsmelt in jou mond.

genoeg vir 8

• 140 g (250 ml) koekmeel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 2 x 150 g-houer klein mozzarellaballe, gedreineer

• 2 eiers, geklits

• 1 x 130 g-houer broodkrummels met kruie

• kanola-olie vir diepbraai

• mayonnaise vir voorsit

Geur meel goed met sout en peper. Rol kaasballe in meel, doop in eier en

rol in broodkrummels. Herhaal proses nog een keer. Jy kan dit vooraf doen en

die kaasballe met krummels in jou yskas hou vir 2 dae. Verhit olie tot warm

in middelslagpot en diepbraai balle tot goudbruin en bros, sowat 3 – 5 minute.

Dreineer op kombuispapier en sit dadelik voor met mayonnaise.