Spaghetti/Penne/tagliatelle

pakkie bacon

220 ml room

Parmesan kaas

3 eiergele

vars pietiersielie

vars tiemie

grasuie

knoffel

olyfolie

sout

Kook solank die pasta wat ookal u keuse tot gaar en laat afkoel.

Braai die bacon in olyfolie tot gaar en geur met knoffel. Klits die room en eiergele goed saam. Maak die pietersielie en tiemie fyn en gooi by die eier/room mengsel. Voeg gerasperde Parmesan kaas ook by die eier/room mengsel en klits weer alles goed saam.

Gooi die sous oor die gaar pasta (wat afgekoel is anderste skif die eier) en sny fyn stukkies grasuie by.

Vir afronding versier met nog gerasperde Parmesan kaas.

Bedien dan met 'n glasie wyn van jou keuse.

Sien ander resepte