Dié rok van Cate Blanchett het die paneel van E! se Fashion Police verdeel. Wat dink jy daarvan?

Joan Rivers het glad nie van die rok gehou nie. Die res van haar paneel het wel. Nou kan jy jou mening gee - is dié rok 'n treffer of 'n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons facebook- of Twitter-blad!

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Cate Blanchett: Gesig van Giorgio Armani se nuwe parfuum

Cate BlanchettCate is aangewys as die gesig van die nuwe parfuum Sì. Die inspirasie vir dié nuwe reuk is die dualisme van 'n vrou: sterk en terselfdertyd vroulik - iets wat dié bekende ontwerper assosieer met Cate.

Die reuk: Die nektar van swartbessies, moderne sipres en ligte muskus- en houtgeure is die note wat Giorgio Armani Sì ’n sjiek parfuum maak. Dié blommegeur se boonste note bevat suurlemoen en ment, met freesia en patsjoelie in die middelste note. Uiteindelik dra die basis van die reukwater geure van bruinsuiker, amberhout en vanielje, gekombineer met swartbessies om ’n warm, soet en sensuele parfuum te maak.

Die inspirasie:

FOTO: Die inspirasie vir Sì: sterk én vroulik

Kry jou sterk vroulike voorkoms in die SARIE-winkel:

Karlien van Jaarsveld

Die nuwe parfuum is van September beskikbaar. Lees meer in die nuwe uitgawe van SARIE  daaroor.