Die hertog en hertogin van Cambridge het hul eerste openbare geleentheid ná hul wittebrood bygewoon toe hulle by die liefdadigheidsgeleentheid Absolute Return for Kids Gala in Londen opgedaag het. Catherine het elegant en vroulik gelyk in 'n ligpienk Jenni Pakham-skepping van organza en Swarovski-kristalle. Die uitrusting was afgerond met skoene van LK Bennet en 'n bypassende handsakkie.

Dié deftige geleentheid sal jou £5 000 of meer per kop uit die sak jaag en onder die 900 gaste saam met wie die jonggetroudes gekuier het, was die Oscar-wenner Colin Firth, die aktrise Liz Hurley en die beeldhouer Anish Kapoor.

Nog bekende aanhangers van Jenni Pakham, wat meestal bekend is vir haar pragtige trourokke en pasklaar-reekse, sluit in Keira Knightley, Beyoncé, Jennifer Lopez, Emma Watson en Cameron Diaz.