Catherine, wat reeds weer begin werk het, het gesê as haar onthulling een mens aangemoedig het om hulp te kry was dit die moeite werd: “Dis ’n stoornis wat miljoene mense raak. Dis nie nodig om in stilte te ly nie, en dis geen skande om hulp te soek nie.” Bipolêre stoornis tipe 2 word beskryf as ’n ligter vorm van bipolariteit 1. Die gemoedskommelinge is nie so uiters nie en dit gaan nie gepaard met volle maniese episodes nie. Bipolêr 2-lyers is gewoonlik meer depressief as manies. Erge stres
kan ’n sneller wees. Catherine se man, Michael Douglas, het in Januarie bekend gemaak dat
hy “skoon” is ná sy stryd teen tongkanker.

Bronne: www.people. com; www.today.com