Kry jou tekkies gereed en sluit aan by 'n avontuurlustige groep wynliefhebbers tussen die wingerde vir die 3de Cellar2Cellar Trail Run & Wine Experience op Saterdag, 8 September 2012 in die prentjiemooi Paradyskloof net buite Stellenbosch. Die 12 kilometer wingerdwedloop en wynervaring begin en eindig by Blaauwklippen geleë op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes en sluit die wingerde van Stellenrust, Dornier, Kleinood, Waterford en Stellenzicht in wat almal bekend is vir hulle uitmuntende wyne. Behalwe die water wat langs die roete aangebied word, moedig die ses deelnemende wynplase die drawwers aan om te stop om die wyne en Portobello-kase wat beskikbaar is te proe. Talentvolle musiekante en ballerienas sal ook bydra tot die feestelike atmosfeer tussen die wingerde. Vir die ernstiger atlete is daar 'n keuse tussen 'n 12km en 20km wingerdwedloop sonder die wynervaring wat dan eerder aan die verfrissende Vitamin Water wat by elke waterstasie op die roete is, kan smul. Beide die 12km en 20km wedlope begin om 08h00 gevolg deur die prettige wynervaring wat met ‘n trapsgewyse begintyd elke 10 minute vanaf 08h30 tot 10h00 wegspring en beslis ‘n gesellige atmosfeer by die kelderproeë sal verseker. Drawwers word aangeraai om hulle gewone oefenklere vir uitspattige kostuums te verruil want die deelnemer wat die prettigste aangetrek is, sal sy 'gewig in wyn' van die ses deelnemende plase losslaan. Die wenners van die mans- en vroueafdeling van die meer erstige wedloop sonder die wynervaring, sal ook hulle gewig in wyn wen. Deelnemers wat wyn langs die roete koop sal hul aankope by die eindpunt - Blaauwklippen - kan optel waar die feestelikheid sal voortbou met ’n plaasmark, vermaak en Mangwanani Africa Day Spa terapeute wat deelnemers sal pamperlang. Die nasorgfasiliteite wat spesiaal vir die dag gereël is, sal ouers toelaat om hulle kinders by die wegspringpunt te los en weer by die eindstreep op te tel nadat hulle die sirkelroete voltooi het. Die wingerdwedloop en wynervaring kos R285 maar vir diegene wat die wedloop wil aanpak sonder die wynervaring kos dit R120 per persoon vir die 12km roete en R160 per persoon vir die 20km roete. Die Cellar2Cellar Trail Run & Wine Experience word beperk tot 600 deelnemers so maak seker dat jy jou inskrywing vroegtydig inhandig. Besoek www.4x4teambuilding.com of www.enteronline.co.za