Charlize Theron het alle oë op haar gehad by die première van haar nuwe fliek A Million Ways to Die in the West. Maar wat dink jy van haar rok?

Die 38-jarige Charlize het saam met haar nuwe kêrel, die 53-jarige Sean Penn, op die rooi tapyt opgedaag. Terwyl hulle omhelsend vir die kameras geposeer het, was haar Dior-rok nie só deursigtig soos terwyl sy gestap het nie. Sy het ’n swart eenstuk onder die rok gedra.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van Charlize se ontwerperskepping of nie?

Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Baie mense het opgemerk dat Sean net oë vir Charlize op die rooi tapyt gehad het, berig die Huffington Post. Dit lyk of dit goed gaan met dié paartjie se verhouding!

Meer oor Charlize op SARIE.com