Genoeg vir 12 kebabs

  • 2 (225 g) chorizo-worse
  • 24 steurgarnale, doppe verwyder
  • 12 hout-sosatiestokkies
  • 100 g gegeurde botter (sien bl. 142)
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g-houer hoemoes

Sny wors in dun ringe met skerp mes.

Ryg 2 ringe wors en 2 garnale om die

beurt op elke stokkie. Meng botter, sap

en skil van suurlemoen saam. Smeer

kebabs met bottermengsel. Verhit

braaipan tot warm en plaas kebabs in

warm pan. Braai sowat 3 – 5 minute

per kant. Geur goed met sout en

swartpeper. Sit voor met hoemoes.