Deurstaan ( of moet ek se ek ‘bly staan’) die lang kuier aande, het geleer om ‘home brew’ bier te gemaak, ek het my voorskoot meer as eenkeer aangetrek en vir my Aussie ‘mates’ en ander wêreldse maters heel skaapboud op die tradisionele SA manier voorberei. My resepte is natuurlik Karoo familie erfstukke (dankie Annetjie Reynolds) – aangepas natuurlik- en wat ek met Afrikaner trots deel met my ‘mates’ . Dit in een asem om julle ‘n kriptiese opsomming te gee van my lewe hier, en dit so tussendeur 12 uur skofte van pars wat nou in volle swang isin d ‘Arenberg se kelder! Maar hierdie blog wy ek ernstig toe aan my uitstaan wynproe ondervindinge in hierdie ryke wyn - land. Geniet! Australië! Die land wat vir ons Suid-Afrikaners bekend is vir skaap en Shane Warne en eensydige kommentators as dit kom by rugby. Wat weet die alledaagse Suid Afrikaner egter van Australiese wyn? Sal die wyndrinker in Suid Afrika dit ooitoorweeg om n Australiese wyn aan te koop vir ‘n ete of ‘n braai? Vraag is, koop die alledaagse Suid Afrikaners buitelandse wyne? Wel, nie sover ek weet nie. Hoekom ‘n ander land se wyn koop indien daar so n wye verskeidenheid van ons plaaslike wyne op ons rakke is.Boonop moet jy gewoonlik hard soek en diep in jou sak krap vir ‘n behoorlike buitelandse wyn. Inteendeel is dit haas onwaarskynlik om Australiese wyne op ons rakke te sien. Slegs indien jy bietjie moeite doen om by ‘n boetiek wynwinkel ‘n draai te maak en selfs daar is die keuse baie beperk, dog die wyne IS daar! Staar ons ons blindelings vas aan net plaaslike wyne, dit waarmeeons bekend is, is ons stereotipe wynkopers? Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is ‘n groot voorstander en liefhebber van ons wyne, dog glo ek dit is nie net wys nie, maar uiters interessant om jou internasionale en plaaslike wyn-kennis te verbreed en jou ouder -gewoonte van roetine wyn-aankope te verbreek- jou verbasing sal groot wees en die ervaring en beloning beslis die moeite werd! Ek weet die soeke na en vir hierdie “nuwe wyne” kom nie goedkoop en maklik nie. Dog indien jy ‘n liefde vir die Bybel-drankie het : begin soek en koop moontlik hierdie maand ‘n bietjie minder brandewyn, bier of onnodige verversings en spandeer n paar rand op nbuitelandse wyn. Ja, daar is ‘n hele wywêreld daar buite, doen weg met die “oogklapsindroom” , verbreed jou kennis, ervaar die nuwe , dit is wat jou laat ‘leef’! Wel, hier is ek nou in die onderste bo land! En raai wat? Die wyne is ongelooflik duur vir die gemiddelde, besoekende Suid Afrikaner. Lekker drinkbare wyne begin by $20(R140) en dan kos die premium wyne van $50 tot $800 (R350-R5600!!!!) Alleenlik bekostigbaar vir die wat Aussie dollars verdien, waarvan ek nou gelukkig een is en besluit het om my swaar verdiende ‘loon’ te spandeer op Aussie wyne om met julle te deel. En die doen ek met graagte! Indien jy ‘n bietjie kennis van Australiese wyne het sal jy weet dat daar ‘n paar bekende handelsmerke is. Seker die bekendste is Penfolds, gestig in 1844 deur ‘n Engelse Dokter met die naam Christopher Rawson, en gelee in ‘n kleine dorpie met die naam Tenunda in die Barossa vallei, Suid Australie. Die eerste wyne, gemaak van die Grenache kultivar(rooi), was vir medisinale doeleindes gebruik deur dokter Rawson as behandeling van sypasiënte . Huidig is die kelder ‘n massa-produsent, maar steeds behou hulle ‘n goeie naam vir top klas wyne. Die Penfolds Grange Shiraz is natuurlik alombekend, so ook sy prys van ‘n skamele $550 dollar! Ek was baie gelukkig om die 2005 te proe , ‘n uitstekende wyn maar tog: wil jy so diep in jou sak krap vir hierdie 750 ml uitsoek? JA, beslis!Die verhaal agter die wyn is treffend, die bemarking is top klas en die is nie net n wyn nie, dit is by uitstek ‘n belegging!(maar dit is natuurlik my opinie)Ander uitsoek kelders sluit ook in : Henschke in die Eden Vallei (‘n area oos van die Barossa met die mooiste klein dorpies en natuurlike skoonheid) , Jim Barry’s in die Clare Vallei ( noord van Barossa) wat veral na goeie reëns die heerlikste spesery reuk - afkomstig van die bome en bosse daar- bied. Hier is die landskap prentjie mooi met plat heuwels wat van links na regs strek en wingerde wat hier en daar die grond bedek. d’Arenberg in McLaren Valei , en waar ek tans werk , is suid van Barossa naby die see geleë. ‘n Area met ongelooflike kelders en ‘n ryke wyngeskiedenis. Dit is nie so mooi soos van die ander areas nie, maar verseker een van die top wynproduserende areas met soortgelyke wyn-produk. Bleasdale is geleë in Langhorne Creek,‘n uur se ry na die ooste vanaf McLaren Vallei. Die rit na Langhorne Creek skep ‘n prentjie van die Oos Kaap. Ongelooflike mooi en stil area,en nog effe onbekend vir hul wyne . Torbreck in die Barossa, natuurlik die bekendste wyn area in Suid Australië.Shaw and Smith kelder in die Adelaide Hills met skilderagtige heuwels, spog met uitstekende wyne. Elkeen van hierdie handjie vol uit die vele Suid Australiese kelders wat ek hier noem, is van onderskeie areas wat verskil met hulle wyne nie net in smaak , karakter en styl nie, maar ook in hul bemakings-aanslag. Baie baie interessant. Aussie wemel behoorlik van wynkelders en hul produk. Wat ek eintlik aan julle wil voorstel is die volgende: Elke wyn, van watter herkoms ook al, het ‘n storie om te vertel. ‘n Besonderse bottel wyn is soos ‘n besonderse boek, met vele versteekte staaltjies en gewoonlik ‘n soortgelyke baie interessante geskiedenis. Koop ‘n wyn aan van ‘n ander land, doen bietjie navorsing oor die spesifieke wyn en sy oesjaar en geniet dit saam met iemand wat dit sal waardeer. Raak ontslae van die ‘oogklap-sindroom’ en verbreed jou kennis na ‘n hele nuwe wêreld daar buite! Ontdek die storie agter die wyn, deur die bottel oop te maak en te geniet! Stig jou eie wynklub, of wyn vriendekring, wat jy dit ook al noem en of hoe jy dit ook al wil benader: jy sal beloon word met n ryke ondervinding en heerlike nuwe wyn gesels en smake. Wyne om te probeer: Penfolds 2009 Bin 138 GSM ($29.99), Hentley farm “The Beast” Shiraz 2008 ($77.50), Torbreck “The Gask” Shiraz 2008($75), Torbreck  “Descendant” Shiraz/Viognier 2007($125), Torbreck “The Pict” Mataro 2007($187.50), Two Hands “Sophie’s Garden” Shiraz 2009($60), Wolf Blass “Grey Label Langhorne Creek Cab” 2008($43), Peter Lehmann “Stonewell” Shiraz 2006($90), Bleasdale “Frank Potts” blend 2007 ($29), Bremerton Greciano 2009, Jim Barry’s “First Eleven” Cabernet Sauvignon 2006($55), Kay Brothers “Block 6” Shiraz 2007 ($60), Samuel’s Gorge Grenache 2009 (+-$30). ‘n Kleine ‘proesel” vir julle uit die massa van Aussie produkte, en ek weet nie hoe beskikbaar die wyne is nie, maar indien een van hierdie wyne in SA te koop is sal dit die moeite werd wees. Die 9de April is my vlug na Nieu-Seeland om my wêreldreis voort te sit. Daar sal ek die koel area van Queenstown besoek en by Peregrine kelder werk. Queenstown is blykbaar bekend vir sy naglewe en ekstreme sport. Die Aussies het my darem vir die eersgenoemde ‘voorberei’.  Ek eindig af met n ‘bier’ nasmaak: Ek weet die artikel is gebaseer op wyn, maar ek moet net vertel van Aussie home brew. Hier in Australië maak die mense “homebrew”. Dit is ongewoon om iemand te besoek in Suid Afrika wat sy eie gebroude bier vir jou aanbied! Dit is regtig ongelooflik maklik aangesien al die bestanddele hier te koop is in supermarkte. Die stroop-mengsel is te koop in ‘n blik vir die tipe bier na jou smaak, asook natuurlik die suiker en ander ekstra byvoegsels soos jy verkies. Die bier smaak ongelooflik lekker en dit is baie pret omte maak! Matt Schmidt, assistent wynmaker by d’Arenberg, het my touwys gemaak met die proses. Hy is ‘n gereelde bierbrouer en het al grootmaat proviand opgebou in sy ‘garage kelder’. Dit is natuurlik ‘n praktyk wat ek sal navolg in Suid Afrika! Groete uit die onderste bo land met sy besonderse wyne. Baie dankie vir julle kommentaar op my skrywes! Chris Swanepoel Suid Australië Besoek gerus www.darenberg.com.au om te sien waar ek op hierdie stadium werk...