"Moenie aanvaar iets is onmoontlik nie. Medici het gesê ek sal nooit weer kan loop nie. Vandag loop ek tot 3 km ver op ‘n slag. Jy is tot baie meer in staat as wat jy dink. Fokus op die geleenthede in ‘n situasie."
Chris Taylor, Swellendamse prokureur wie se lewe in 1988 onherroepelik verander het toe hy arseen-vergiftigde sjokolade per pos ontvang en geëeet het. Lees meer op bl. 156 in SARIE se April-uitgawe. Chris se verhaal word ook in ‘n nuwe boek Stand Up and Walk (Hartbees Uitgewers) vertel.