"Óú-Hollywood was die inspirasie vir die rok-ontwerpe by vanjaar se Oscars. Die sleutel-elemente, soos a-simmetriese lyne en draperings was duidelik sigbaar. Vir my moes Kate Winslet nie net die beeldjie as beste aktrise ontvang het nie, maar ook die Oscar vir die besgeklede aktrise van die aand. Haar glansryke Yves Saint Laurent-rok, perfekte hare en grimering, het my asem weggeslaan." - Christiaan Gabriël du Toit, mode-ontwerper van KLûK CGDT.

Klik hier vir al die glansfoto's.