Clarins, SARIE en FAIRLADY span vanjaar weer kragte saam om 'n spesiale vrou te soek wat die lewens van behoeftige kinders op 'n merkwaardige manier verbeter.

Vertel ons van die uitsonderlike werk wat sy met haar projek of in haar gemeenskap onder siek, minderbevoorregte of weeskinders doen.

As jy haar benoem, kry sy die kans om R200 000 ten bate van haar projek te wen.

Miljoene mense se lewens is al oor die jare deur die Clarins Most Dynamisante Woman-toekenning aangeraak met, onder meer, 'n speelskool vir MIV-positiewe kinders en 'n veilige huis vir weggooikinders.

HOE MOET JY TE WERK GAAN?

 

WIE MAG EK BENOEM?
Enige vrou wat 'n inrigting of 'n NRO bestuur wat die lewens van minderbevoorregte kinders verbeter.

HOE BENOEM EK HAAR?
Klik op 'benoem nou'-knoppie, voltooi die benoemingsvorm en onthou om 'n foto aan te heg (die foto moet in kleur en nie kleiner as 100 kB of groter as 2 MB wees nie). Sy moet 'n SA burger wees én sy moet instem dat jy haar benoem. Sy moet ook die terme en voorwaardes aanvaar. Die R200 000 sal aangewend word vir haar projek.

JY KAN OOK WEN!
Wanneer jy iemand op sarie.com benoem, staan jy ook 'n kans om een van 10 Clarins-geskenkpakke ter waarde van R2 000 elk te wen.

SLUITINGSDATUM
Vrydag 17 September 2010