DIE MAGIC VAN HAAR VOORBLAD-ROK DIE KLEUR
Die noupassende rok in saffierblou van Tadashi Shoji by Tik-Lee is die perfekte keuse vir Corlea! Net soos verslankende swart, skep vlootblou dieselfde illusie as swart, maar net met meer dimensie. Dié spesifieke kleur komplimenteer haar gelaat en donker haarkleur perfek. DIE SNIT EN STYL
Die snit en styl van haar rok gee 'n appel-lyf mooi vorm, spesifiek die A-lyn-hals wat net onder die borste netjies in 'n interessante knoop bymekaarkom. Dít sowel as die kant-insetsels lei die oog na haar middellyf en help om 'n dunner middellyf te skep. Daarom is oorvourokke altyd 'n goeie keuse as jy 'n dunner middel soek.

Die lycra-voering van die rok is ook noupassend en soos dié van 'n swembroek. Die vou-detail van die rok se bo-deel skep die indruk van 'n lospassende snit. Die skouerkussings help ook om die uurglas-fatsoen te skep. Die pragtige Corlea Botha Appel-lywe pasop!
Die grootste fout wat iemand met ’n appelvormige lyf kan maak, is om oorgroot klere te dra. DIE HARE
Corlea het natuurlike reguit hare en dit werk die beste vir haar. Die kuif maak haar gesig sagter en verdoesel die rondheid van haar gesigvorm. Ek hou veral daarvan dat daar ’n bietjie hare oor haar gesig hang, naby haar oog. Ek dink dit gee net dimensie. Só blaas jy jou hare mooi reguit: Draai jou hare in met groot krullers. Dit gee volume en lig die wortels. Blaas droog, haal die krullers uit en blaas dan jou hare reguit met ’n groot ronde borsel. Jou hare sal self uitsak. DIE OË
Weer eens is ’n natuurlike grimeervoorkoms die beste. Ek wou tog ’n bietjie drama op Corlea se oë hê om dit te beklemtoon en het besluit op ’n subtiele rokerige oog. So het ons gemaak:

  1. Wend brons oogskadu egalig aan tot net bo die vou van jou oog.
  2. Wend ’n gryspers oogskadu bo-oor aan en skakeer goed, veral uitwaarts.
  3. Omlyn oë bo (in die wimpers) met ’n swart oogpotlood en skakeer die streep (gebruik sommer ’n wattestokkie) om ’n smeulende voorkoms te kry.
  4. Rond af met ’n paar lae swart maskara.
Onthou, blosser gee altyd ’n wonderlike gesonde voorkoms!

Dieselfde uitdagings as Corlea? Hier is nóg wenke sodat jy ook slim kan aantrek! Broek Jou beste broek het nie plooitjies voor nie, die pype moet uitklok en die sitvlak moenie te styf pas nie. Al is dit ’n broek met ’n meer gedefinieerde snit, mag dit nooit te styf aan jou maag of heupe kleef nie. Hemp Maak seker jou hemp gee jou lyf vorm deur die regte snit aan te trek. Kies veral iets met ’n empire-lyn onder jou borste. Jy moet nooit ’n klewerige hemp aantrek nie, want elke rolletjie en bultjie gaan beslis wys. Baadjie Kies ’n snyersbaadjie met ’n V-nek. Skoene Wighakke is perfek vir jou, want dit gee jou hoogte en laat jou enkels dunner lyk. My ‘moenies’ - jy mag dit nooit dra nie Stywe T-hemde Oorgroot vierkantig gesnyde T-hemde Die tradisionele denim-vliegbaadjie (bomber jacket) Opgepofte windjekkers (windbreakers) Slonsige sweetpakke