KOS VIR DIE KREATIEWE SIEL As jy léwe om te skep, te vorm, te skryf, te teken of skilder of enige van die baie vorme van kreatief wees – dan is ‘n kreatiewe retreat net die ding vir jou. Gun jouself ‘n bietjie ek-tyd om bederf te word in ‘n pragtige omgewing, maar terselfdertyd herlaai te word deur verskeie inspirerende kreatiewe sessies – ‘n ervaring wat al jou sintuie sal prikkel. Die eerste van hierdie 1-dag retreats vind plaas op 30 November en weer op 1 Desember by Towerbosch op die Knorhoek plaas buite Stellenbosch. Die program, wat elke dag van 08:30 – 18:00 loop, is propvol goed-voel aktiwiteite: gee uitdrukking aan die skeppende kind binne jou in ‘n nie-veroordelende atmosfeer; geniet blootstelling aan nuwe kunsvaardighede soos skilder, klei handbouwerk, sement vormwerk, en meer – en dit terwyl jy eksperimenteer en skouers skuur met mede skeppende siele. Die koste beloop R975 per persoon per dag en sluit in verversings, ‘n dekadente middagete en ‘n verrassingsak. Die besigheid genaamd Creative Retreats is die breinkind van Helena Bester en Charlene Nieuwoudt – twee vriendinne met ‘n passie vir skeppend leef en ‘n droom om ander kunstenaars of kunstenaars-in-wording tot hoër hoogtes aan te moedig. Helena, vorige eienaar van ‘n suksesvolle kinderklere reeks, Filaflooi, is mal oor die gegons van nuwe idees en die verwesenliking daarvan, én lekker lang moet-doen lysies. Charlene, ‘n kommunikasiekonsultant en skrywer, is verslaaf aan alle soorte kuns en handwerk en bránd eenvoudig om hierdie entoesiasme met ander te deel. Gaan loer by www.creativeretreats.co.za vir meer inligting oor die program en toekomstige retreats. Kontak Helena by helena@creativeretreats.co.za of Charlene by 083 666 1480 om jou plek te bespreek. Sluitingsdatum vir besprekings is 20 November 2011.