Toe Amanda Cliengen (51) vier jaar gelede midde-in ’n egskeiding was, het sy haar kuns-en-koffiewinkeltjie in Limpopo verkoop waar sy vroue se lewe verryk het deur pottebakkersklasse.Toe het sy stukkend en nikswerd gevoel en dit het na ál uitweg gelyk.

Vandag blom sy: Sy maak binnekort weer ’n plekkie oop op Albertinia in die Suid-Kaap, haar “geroeste”-sink-skilderye het al huis gekry in Frankryk, en sy word gereeld gekeur vir uitstallings en markte, sy werk aan kinderboek-illustrasies, en weet nou: “Daar is soveel meer in my as wat ek ooit besef het.”

Lees in jou Oktober-SARIE meer oor 3 vroue wie die seer van 'n egskeiding oorkom het en nou blom