Ons het in sarie.com se meningspeiling gevra wat daardie ding is wat jy gereeld laat rondlê en nooit kan opspoor nie. Só het julle gestem:

  • My bril
    27.3%
  • My sleutels
    21.2%
  • My handsak
    0%
  • My pille
    0%
  • Die TV se afstandbeheer
    16,7%
  • My selfoon
    34.8%

En op SARIE se Facebook-blad?
"My sonbril en selfoon is die twee goed wat ek altyd soek. Soms my huissleutels, maar meer my sonbril en selfoon!"
"Pashmina ná 'n partytjie"
"DSTV-remote. Om een of ander rede is dit my babadogtertjie se gunsteling-speelding."
"Haarrekkie – en dan is ek radeloos op soek na een as ek my hare uit my gesig uit wil kry!"