Dit is ons buite braai onder n rietdak en ook die ingang na ons voordeur. Onder hierdie dak was dit altyd te warm om in die somer te sit en in die winter weer te koud! Dit was toe my 18 jarige seun Stefan, se idee om 'n hoekie of plekkie vir hulle as jong klomp te maak waar hulle kan kuier en braai. Ek het lank gesoek na 'n rattan stel (want dit is wat ek daar wou hê - nie te groot nie, want die ruimte is maar klein). Nadat ek dit gekry het, het ons besluit om "weather drop blinds" (verskaf deur Swartland Dekor) aan die oopkante van die hoekie aan te bring, sodat ons dit kan oprol in die somer, maar ook kan afrol in die winter, sodat dit die wind en reën kan buite hou. Dit is toe die eindproduk van ons hoekie, 'n Heerlike kuierplek en ekstra vertrek dwars deur die jaar!!!

Sien ander hoekies/vertrekke