Liefdeswoorde/Mots d’Amour Lirieke : Daniéle Pascal Musiek : Pieter van Helslandt du Plessis Poësie : Gezania de Jongh Daniéle Pascal se ondersteuners het deur die jare haar innoverende werk krities gevolg. Haar passie, kreatiwiteit en determinasie het menige Afrikaanse kunstenaar geïnspireer. In hierdie splinternuwe verhoogstuk lewer sy niks minder as die hoogste standaard van kabaretteater. ‘n Tappeserie van Afrikaans en Franse digkuns word vertoon deur ‘n reeks oorspronklike komposisies van tango tot jazz – tesame met die werke wat Daniéle ons geliefde sanger gemaak het. Pascal, Pieter en Gezania het kragte saamgesnoer in hierdie uiters vermaaklike vers en klank produksie. Die vertoning word opgevoer by Dorp Straat Teater. Kaartjies kos R80 en beskikbaar by Computicket