Dis alweer tyd om die polvye uit te skop, die rokkies bietjie op te trek (sodat ons mans darem bietjie been kan sien) en sommer net die aand te kom geniet en 'n wyntjie te drink op ons gesondheid, die lewe en sy plesiertjies te geniet solank ons nog lewe in ons het. Ons ou vriend Werner se kanker wil nog nie bes gee nie en daar is ongelukkig altyd geld nodig. Nou nie dat Werner bakhand staan nie - hy is nie 'n man wat bakhand staan en vir aalmoese vra nie. Hierdie funksie het hy eiehandig gereël en ek haal my hoed vir hom af! Na soveel maande se teleurstellings bly die ou nog positief en hou sy kop hoog! Give that man a Bell's!!! So ons gaan weer dans, potjiekos eet, wyntjie drink en sommer net lekker stront gesels. Weereens die barmanne irriteer, want die vorige keer het van hulle al van moegheid op die vloer gaan sit. So kom join ons vir 'n onvergeetlike aandjie in die Riebeeck Vallei, kom dans jou voete vol blase en kom klink 'n glasie op die lewe! Musiek: Dirkie Geldenhuys (DJ) - so daar sal lekker gedans word - die man KAN! Drag: Informeel Ete: Potjiekos, Broodtafel, Koffie met Koeksisters Vloeistof Verversings: Daar sal 'n kontantkroeg wees. Koste: R100 per persoon Kaartjies: Johan Conradie - inboks my of e-mail johan@agrizone.co.za Die wenners van die kaartjies wat julle by ons gekoop het vir die naweek by Mykonos, die boks La Motte Pierneef Shiraz en die Spa Pakket sal dan ook by hierdie geleentheid getrek word. (En daar is nog kaartjies vir die trekking beskikbaar teen R50 elk - praat net met my!!!!) Hoop ek sien jou daar!!